Ek beplan om oorsee te reis. Wat moet ek doen om veilig te bly?

Niemand mag tydens die staat van inperking binne of buite die land reis nie en jy sal dus nie toegelaat word om die land te verlaat nie. Bly asseblief tuis.

Ek is 'n buitelandse toeris in Suid-Afrika – wat moet ek doen tydens die inperkingsperiode (Waarskuwingsvlak 5) of Waarskuwingsvlak 4?

Indien jy 'n buitelandse toeris is wat voor of na die inperkingsperiode in Suid-Afrika aangekom het en jy in Suid-Afrika gebly het, moet jy gedurende die inperkingsperiode in jou plek van tydelike verblyf in Suid-Afrika bly.

By aankoms in Suid-Afrika mag jy vir Covid-19 getoets en onder kwarantyn geplaas word of aangesê word om te isoleer.

Uitsonderings op bogenoemde kan toegelaat word vir die ontruiming van buitelandse toeriste waar reëlings, insluitende 'n reëling vir die ontruiming deur lugvaart, deur die betrokke ambassade gemaak is. Tydens die ontruiming moet toeriste begelei word vanaf die uitgangspunt waar hulle weer vir COVID-19 getoets mag word.

Ek moet Suid-Afrika binnegaan vir nood- mediese behandeling vir ’n lewensbedreigende toestand – sal ek toegelaat word om die land binne te gaan?

Jy mag Suid-Afrika slegs binnegaan vir nood- mediese behandeling vir ’n lewensbedreigende toestand indien jy toestemming ontvang het van die Minister van Binnelandse Sake of hul afgevaardigde.

Wat moet ek doen indien ek van oorsee af teruggekeer het?

Enigeen wat terug in Suid-Afrika is nadat hulle na ’n oorsese land gereis het, moet hulself vir 14 dae onder selfkwarantyn plaas.