Wat beteken selfisolasie?

Selfisolasie beteken om uself van ander te isoleer as 'n voorsorgmaatreël, sodat hulle nie gedurende 'n spesifieke periode besmet raak nie.

Dit is 'n doeltreffende manier om diegene rondom u - u familie, vriende en kollegas - te beskerm teen Covid-19.

As deel van die inperking moet ons almal tuisbly en slegs die huis verlaat as dit absoluut noodsaaklik is. As u egter self isoleer, moet u ander mense ook soveel as moontlik vermy, tuis bly en nie uitgaan om kos te koop of medisyne te gaan haal nie - bestel dit telefonies of aanlyn, of vra iemand anders om dit te gaan haal en by u huis af te laai.

Moenie openbare vervoer, taxi's of soortgelyke vervoermetodes gedurende u isolasietydperk gebruik nie. U kan u eie vervoer gebruik, maar slegs vir noodsaaklike reise.

Gebruik u tuin vir oefening, indien u een het.  U kan ook die huis verlaat om te oefen — maar bly ten minste 1,5 meter (3 tree) van ander mense af weg.

Wie moet selfisoleer?

Almal word gevra om waar moontlik tuis te bly.

U moet egter ook tien dae tuisbly en u self afsonder as u simptome het van Covid-19 of gediagnoseer is of vir 14 dae as u saam met iemand woon.

Ons vereis dat enige persoon wat vanuit die buiteland ('n hoë risiko of nie) in die Wes-Kaap arriveer, vir 14 dae self isoleer.

As u nie seker is of u tuis moet bly nie, en u het simptome van Covid-19 ('n hoë temperatuur of 'n nuwe, aanhoudende hoes), kontak die provinsiale blitslyn by 021 928 4102 vir verdere navrae. Kry altyd 'n tweede opinie as u enigsins bekommerd is.

Wat moet ek doen indien ek mediese hulp nodig het gedurende die periode wat ek tuisbly?

Jy mag tydens die inperkingsperiode jou huis verlaat om na die dokter of apteek te gaan.

Moenie na plekke soos 'n dokter, apteek of hospitaal gaan om ander te beskerm nie. Bly by die huis.

Gebruik die provinsiale blitslyn (telefoonnommer 021 928 4102) indien jy voel dat jy nie jou simptome tuis kan behandel nie of indien jou toestand versleg.

Skakel 10111 indien jy mediese hulp benodig wat nie met die koronavirus verband hou nie.

Wat kan ek doen om dit makliker te maak om tuis te bly?

Tuisbly bied sy eie uitdagings, maar daar is dinge wat jy kan doen om die inperkingsperiode tuis makliker te maak:

  • Praat met jou werkgewer, vriende en familie om hul hulp te vra om vooraf toegang tot die dinge te kry wat jy nodig het.
  • Gesels met jou werkgewer om uit te vind of jy gedurende hierdie periode van die huis af kan werk.
  • Dink aan en beplan hoe jy toegang tot kos en ander voorrade, soos medikasie, kan bekom.
  • Indien jy items nodig het tydens hierdie inperkingsperiode tuis, vra vriende of familie om enigiets wat jy nodig het by jou af te gee of jy kan aanlyn voorrade bestel.
  • Sorg dat aflewerings buite jou huis gelaat word sodat jy dit daar kan afhaal.
  • Jy kan met vriende en familie deur middel van die telefoon of ander maniere soos video- of kletsdienste in verbinding tree.
  • Fisiese oefening is goed vir jou welstand. Soek aanlynklasse of -kursusse wat jy in die huis kan volg.
  • Jy mag uitgaan, maar jy moet kontak met ander beperk - bly ten minste 1,5 meter van mense af.
  • Indien jy 'n tuin het, is dit 'n goeie idee om tuin te maak, aangesien jy nie in noue kontak met ander lede van jou huishouding is nie.

Hoe kan ek die verspreiding van infeksie in my huis verminder?

Indien jy tuisbly, moet jy:

  • jou hande gereeld met seep en water was, vir ten minste 20 sekondes;
  • gebruik handsanitiseerder indien seep en water nie beskikbaar is nie;
  • bedek jou mond en neus met 'n sneusdoekie of jou mou (nie jou hande nie) indien jy hoes of nies
  • plaas gebruikte sneusdoekies dadelik in die vullisdrom en was dan jou hande
  • maak voorwerpe en oppervlaktes waaraan jy gereeld raak (soos deurhandvatsels, ketels en telefone) met jou gewone skoonmaakprodukte skoon

Hoe kan ek kontak met ander mense saam met wie ek woon, beperk indien ek die Covid-19-virus onder lede het of ek vermoed dat ek Covid-19 het?

  • Jy moet selfisoleer binne jou huis.
  • Beperk noue kontak met diegene saam met wie jy woon.
  • Jy moet nie 'n bed met ander deel nie. Praat met jou gesin oor slaapplekke. Moenie in 'n gemeenskaplike omgewing slaap nie.
  • Probeer om in 'n goed geventileerde kamer te bly met 'n venster wat oopgemaak kan word. Probeer om die raam so veel as moontlik oop te hou om ventilasie en lugvloei moontlik te maak, aangesien dit sal help om skoon lug deur jou kamer te laat sirkuleer.
  • Hou die tyd wat jy in gedeelde ruimtes soos badkamers, kombuise en sitkamers spandeer tot ’n minimum en hou gedeelde ruimtes skoon en goed geventileer.

Wat moet ek doen as ek selfisoleer en saam met 'n kwesbare persoon woon?

As u self isoleer en saam met iemand wat ouer as 70 is woon, of iemand wat 'n langtermyntoestand het, swanger is of 'n verswakte immuunstelsel het, probeer dan om te reël dat hulle by vriende of familie bly.

Indien u tuis moet bly, probeer om soveel moontlik van mekaar weg te bly.

DOEN:

  • Probeer om 1,5 meter van mekaar af weg te bly.
  • Vermy die gebruik van gedeelde ruimtes, soos kombuise of badkamers op dieselfde tyd.
  • Maak vensters oop in gedeelde ruimtes as u kan.
  • Maak 'n gedeelde badkamer skoon elke keer as u dit gebruik, byvoorbeeld deur oppervlaktes waaraan u geraak het, af te vee.
  • Was u klere en skottelgoed apart van ander in u huis.

MOENIE:

  • Moenie 'n bed deel nie, indien moontlik
  • Moenie handdoeke, insluitend handdoeke en teedoeke, waslappe of beddegoed, deel nie.
  • Moenie skottelgoed, drinkglase, koppies of eetgerei met ander mense in u huis deel nie.
  • Moenie kos en drinkgoed deel nie. Iemand in u huis kan u kos voorberei, maar u moet nie kos vir ander voorberei nie.

Mag ek besoekers in my huis hê?

Moenie sosiale besoekers, soos vriende en familie, uitnooi of toelaat om jou huis binne te gaan nie, veral indien jy selfisoleer. Indien jy met iemand wil praat wat nie 'n lid van jou huishouding is nie, gebruik dan die telefoon of enige ander manier waarop jy met ander in verbinding kan tree.

Jy moet liefs nie enige besoekers by jou huis ontvang nie. Vriende, familie of afleweringsbestuurders mag wel kos en voorrade afgee. Maak seker dat jou aflewerings buite jou huis agterbly om afgehaal te word.

Hoe maak ek my huis skoon, gooi ek afval weg of was ek wasgoed indien ek selfisoleer?

Gebruik u gewone huishoudelike produkte, soos skoonmaakmiddels en bleikmiddel, wanneer u u huis skoonmaak. U huishoudelike afval moet vir drie tot vyf dae in die son gestoor word voordat u dit in die algemene vullishouer sit om deur die munisipaliteit verwyder te word.

Gooi ander huishoudelike afval soos normaalweg weg.

Was u wasgoed in die wasmasjien op die gewone manier. Wasgoed wat in kontak met 'n siek persoon was, kan met ander mense se goed gewas word.

Moenie vuil wasgoed skud nie, want dit kan die virus in die lug versprei. Dit kan vir iemand anders makliker wees om skoon wasgoed (soos handdoeke en teedoeke) in te vou en weg te sit en 'n voorraad vir u te voorsien.

As u nie 'n wasmasjien het nie, wag 'n verdere 72 uur nadat u isolasieperiode geëindig het voordat u u wasgoed na 'n wassery neem.

Hoe kan ek na my gesondheid en welstand omsien terwyl ek tuis is?

Om jou te help om gesond te bly terwyl jy by die huis is:

  • drink baie water om gehidreer te bly - drink genoeg sodat jou urine ligkleurig en helder is.
  • neem parasetamol om jou simptome te verlig.
  • gebruik jou telefoon of sosiale media om kontak met familie en vriende te behou, om jou te help om nie neerslagtig of eensaam te voel nie.
  • probeer om jouself besig te hou - jy kan aktiwiteite doen soos kook, lees, aanlynleer en films kyk
  • doen ligte oefening indien jy goed genoeg voel om dit te doen.