Wat beteken selfisolasie?

Selfisolasie beteken om jouself van ander te isoleer as 'n voorsorgmaatreël, of sodat hulle nie vir 14 dae besmet raak nie.

Dit is 'n doeltreffende manier om diegene rondom jou - jou familie, vriende en kollegas - te beskerm teen Covid-19.

As deel van die staat van inperking moet ons almal tuisbly en slegs die huis verlaat as dit absoluut noodsaaklik is. Indien jy egter jouself isoleer, moet jy ook vir 14 dae ander mense soveel as moontlik vermy, tuis bly en nie uitgaan om kos te koop of medisyne af te haal nie - bestel dit telefonies of aanlyn, of vra iemand anders om dit by jou huis af te lewer.

Moenie gedurende hierdie 14-dae-periode openbare vervoer, taxi's of soortgelyke vervoermetodes gebruik nie. Jy mag jou eie vervoer gebruik, maar beperk jou reise tog slegs dié wat noodsaaklik is.

Indien jy een het, mag jy jou tuin gebruik. Jy mag ook die huis verlaat om te oefen, maar bly ten minste 1,5 meter (3 tree) van ander mense af weg.

Wie moet selfisoleer?

Almal word gevra om tuis te bly, maar jy moet egter ook 14 dae tuisbly en jouself isoleer indien jy simptome van Covid-19 toon of by iemand woon wat dit wel toon.

Ons vra dat enige persoon wat vanuit enige oorsese land ('n hoë-risiko land al dan nie) 'n hawe in die Wes-Kaap binnegaan, vir 14 dae selfisoleer.

Indien jy nie seker is of jy tuis moet bly nie, en jy het simptome van Covid-19 ('n hoë temperatuur of 'n nuwe, aanhoudende hoes), skakel asseblief die provinsiale blitslyn by 021 928 4102 vir verdere navrae. Win asseblief altyd 'n tweede opinie in indien jy enigsins bekommerd is.

Wat moet ek doen indien ek mediese hulp nodig het gedurende die periode wat ek tuisbly?

Jy mag tydens die inperkingsperiode jou huis verlaat om na die dokter of apteek te gaan.

Moenie na plekke soos 'n dokter, apteek of hospitaal gaan om ander te beskerm nie. Bly by die huis.

Gebruik die provinsiale blitslyn (telefoonnommer 021 928 4102) indien jy voel dat jy nie jou simptome tuis kan behandel nie of indien jou toestand versleg.

Skakel 10111 indien jy mediese hulp benodig wat nie met die koronavirus verband hou nie.

Wat kan ek doen om dit makliker te maak om tuis te bly?

Tuisbly bied sy eie uitdagings, maar daar is dinge wat jy kan doen om die inperkingsperiode tuis makliker te maak:

  • Praat met jou werkgewer, vriende en familie om hul hulp te vra om vooraf toegang tot die dinge te kry wat jy nodig het.
  • Gesels met jou werkgewer om uit te vind of jy gedurende hierdie periode van die huis af kan werk.
  • Dink aan en beplan hoe jy toegang tot kos en ander voorrade, soos medikasie, kan bekom.
  • Indien jy items nodig het tydens hierdie inperkingsperiode tuis, vra vriende of familie om enigiets wat jy nodig het by jou af te gee of jy kan aanlyn voorrade bestel.
  • Sorg dat aflewerings buite jou huis gelaat word sodat jy dit daar kan afhaal.
  • Jy kan met vriende en familie deur middel van die telefoon of ander maniere soos video- of kletsdienste in verbinding tree.
  • Fisiese oefening is goed vir jou welstand. Soek aanlynklasse of -kursusse wat jy in die huis kan volg.
  • Jy mag uitgaan, maar jy moet kontak met ander beperk - bly ten minste 1,5 meter van mense af.
  • Indien jy 'n tuin het, is dit 'n goeie idee om tuin te maak, aangesien jy nie in noue kontak met ander lede van jou huishouding is nie.

Hoe kan ek die verspreiding van infeksie in my huis verminder?

Indien jy tuisbly, moet jy:

  • jou hande gereeld met seep en water was, vir ten minste 20 sekondes;
  • gebruik handsanitiseerder indien seep en water nie beskikbaar is nie;
  • bedek jou mond en neus met 'n sneusdoekie of jou mou (nie jou hande nie) indien jy hoes of nies
  • plaas gebruikte sneusdoekies dadelik in die vullisdrom en was dan jou hande
  • maak voorwerpe en oppervlaktes waaraan jy gereeld raak (soos deurhandvatsels, ketels en telefone) met jou gewone skoonmaakprodukte skoon

Hoe kan ek kontak met ander mense saam met wie ek woon, beperk indien ek die Covid-19-virus onder lede het of ek vermoed dat ek Covid-19 het?

  • Jy moet selfisoleer binne jou huis.
  • Beperk noue kontak met diegene saam met wie jy woon.
  • Jy moet nie 'n bed met ander deel nie. Praat met jou gesin oor slaapplekke. Moenie in 'n gemeenskaplike omgewing slaap nie.
  • Probeer om in 'n goed geventileerde kamer te bly met 'n venster wat oopgemaak kan word. Probeer om die raam so veel as moontlik oop te hou om ventilasie en lugvloei moontlik te maak, aangesien dit sal help om skoon lug deur jou kamer te laat sirkuleer.
  • Hou die tyd wat jy in gedeelde ruimtes soos badkamers, kombuise en sitkamers spandeer tot ’n minimum en hou gedeelde ruimtes skoon en goed geventileer.

Wat moet ek doen as ek selfisoleer en saam met 'n kwesbare persoon woon?

Indien jy selfisoleer en saam met iemand van 70 of ouer woon, 'n langtermyntoestand het, swanger is of 'n verswakte immuunstelsel het, probeer dit dan reël dat hulle 14 dae by vriende of familie bly. Indien julle saam tuis moet bly, probeer om soveel as moontlik van mekaar af weg te bly.

DOEN die volgende:

  • Probeer om 1,5 meter van mekaar af weg te bly.
  • Vermy die gelyktydige gebruik van gedeelde ruimtes, soos kombuise of badkamers.
  • Maak vensters oop in gedeelde ruimtes indien moontlik.
  • Maak 'n gedeelde badkamer skoon elke keer wanneer jy dit gebruik, byvoorbeeld deur oppervlaktes waaraan jy geraak het, af te vee.
  • Was jou klere en skottelgoed apart van ander in jou huis.

MOENIE:

  • Moenie, indien moontlik, 'n bed deel nie
  • Moenie handdoeke, waslappe of beddegoed deel nie.
  • Moenie skottelgoed, drinkglase, koppies of eetgerei met ander mense in jou huis deel nie.
  • Moenie kos en drinkgoed deel nie. Iemand in jou huis mag jou kos voorberei, maar jy moenie kos vir ander voorberei nie.

Mag ek besoekers in my huis hê?

Moenie sosiale besoekers, soos vriende en familie, uitnooi of toelaat om jou huis binne te gaan nie, veral indien jy selfisoleer. Indien jy met iemand wil praat wat nie 'n lid van jou huishouding is nie, gebruik dan die telefoon of enige ander manier waarop jy met ander in verbinding kan tree.

Jy moet liefs nie enige besoekers by jou huis ontvang nie. Vriende, familie of afleweringsbestuurders mag wel kos en voorrade afgee. Maak seker dat jou aflewerings buite jou huis agterbly om afgehaal te word.

Hoe maak ek my huis skoon, gooi ek afval weg of was ek wasgoed indien ek selfisoleer?

Gebruik jou gewone huishoudelike produkte, soos skoonmaakmiddels en bleikmiddel, wanneer jy jou huis skoonmaak.

Jou huishoudelike afval moet in twee vullissakke geplaas en vir drie tot vyf dae in die son gestoor word voordat dit in die algemene vullisdrom geplaas word vir versameling deur die munisipaliteit.

Gooi ander huishoudelike afval soos normaalweg weg.

Was jou wasgoed in die wasmasjien op die gewone manier. Wasgoed wat in kontak met 'n siek persoon was, kan met ander mense se goed gewas word. Moenie vuil wasgoed skud nie, want dit kan die virus in die lug versprei. Dit mag dalk vir iemand anders makliker wees om skoon wasgoed (soos handdoeke en teedoeke) op te vou en weg te sit en vir jou 'n voorraad te voorsien.

Indien jy nie 'n wasmasjien het nie, is daar 'n verdere 72 uur nadat jou isolasieperiode van 14 dae geëindig het voordat jy jou wasgoed na 'n wassery mag neem.

Hoe kan ek na my gesondheid en welstand omsien terwyl ek tuis is?

Om jou te help om gesond te bly terwyl jy by die huis is:

  • drink baie water om gehidreer te bly - drink genoeg sodat jou urine ligkleurig en helder is.
  • neem parasetamol om jou simptome te verlig.
  • gebruik jou telefoon of sosiale media om kontak met familie en vriende te behou, om jou te help om nie neerslagtig of eensaam te voel nie.
  • probeer om jouself besig te hou - jy kan aktiwiteite doen soos kook, lees, aanlynleer en films kyk
  • doen ligte oefening indien jy goed genoeg voel om dit te doen.