My onderneming ly as gevolg van die impak van die Covid-19-pandemie - met wie kan ek praat vir advies en ondersteuning?

Ons is daartoe verbind om ondernemings tydens hierdie moeilike tyd te ondersteun. Saam met Wesgro, die Stad Kaapstad en die vennote in die bedryf, het ons die amptelike “Covid-19 Inhoudsentrum vir Sake”, 'n virtuele sentrum bestaande uit sektorspesialiste en kommunikasiekundiges, opgerig om betroubare inhoud te ontwikkel om die bedryf by te staan en daaglikse navrae en probleme te bestuur.

Besighede wat ondersteuning benodig, word aangemoedig om hul vrae aan supportbusiness@wesgro.co.za te stuur.

My besigheid mag gedurende waarskuwingsvlak 4 werk - wat moet ek doen om oop te maak?

As werkgewer moet jy elke werknemer wat direk in kontak kom met lede van die publiek as deel van hul pligte, voorsien van 'n lapmasker om hul neus en mond te bedek, of 'n tuisgemaakte voorwerp wat die neus en mond bedek op 'n openbare plek, of 'n ander toepaslike item om die neus en mond te bedek.

Elke besigheidsperseel, insluitend, maar nie beperk tot 'n supermark, winkel, kruidenierswinkel niekleinhandelswinkel, groothandelsmark of apteek nie, moet:

  • die vloeroppervlakte in vierkante meter bepaal;
  • gebaseer op die vloeroppervlakte in vierkante meter, die aantal kliënte en werknemers bepaal wat te eniger tyd binne die perseel kan wees met die doel om voldoende ruimte beskikbaar te maak;
  • Stappe neem om te verseker dat persone wat binne of buite die perseel staan in staat is om 'n afstand van een en 'n halwe meter van mekaar af te hou;
  • voorsien handsanitiseerders vir gebruik deur die publiek en werknemers by die ingang van die perseel.

Alle werkgewers moet maatreëls tref om sosiale distansiëring van hul werknemers te bevorder, insluitend:

  • werknemers in staat stel om tuis te werk en die behoefte om werknemers fisiek by die werkplek te hê tot ‘n minimum te beperk;
  • die voorsiening van voldoende ruimte
  • beperk persoonlike vergaderings
  • spesiale maatreëls vir werknemers met gesondheidskwessies of chroniese toestande, aangesien hulle ’n groter kans het om ernstige komplikasies op te doen of selfs te sterf indien hulle Covid-19 sou opdoen
  • spesiale maatreëls vir werknemers bo die ouderdom van 60 wat 'n hoër risiko het om komplikasies op te doen of te sterf as hulle Covid-19 sou opdoen.

Alle koerier- en afleweringsdienste moet voorsiening maak vir 'n minimum persoonlike kontak tydens aflewering.

Alle ondernemings moet 'n nakomingsbeampte van Covid-19 aanwys wat toesig sal hou oor die volgende:

  • 'n plan ontwikkel vir die faseer van die terugkeer van hul werknemers na die werkplek, voordat die werkplek heropen word. Die plan moet ooreenstem met Aanhangsel E in die regulasies, behou word vir inspeksie en die volgende inligting bevat:
    • watter werknemers mag werk
    • wat die planne is vir die ingefaseerde terugkeer van hul werknemers na die werkplek is
    • watter gesondheidsprotokolle bestaan om werknemers teen Covid-19 te beskerm
    • die besonderhede van die nakomingsbeampte van Covid-19
  • die terugkeer van hul werknemers infaseer en bestuur die terugkeer van werknemers uit ander provinsies, metropolitaanse en distrik gebiede
  • ontwikkel maatreëls om te verseker dat die werkplek voldoen aan die standaarde van gesondheidsprotokolle, dat daar voldoende ruimte vir werknemers is en maatskaplike distansieringsmaatreëls vir die publiek en diensverskaffers, soos nodig.

Moet ek my onderneming toemaak indien dit nie noodsaaklike produkte of dienste verskaf nie?

Ja, jy moet jou besigheid toemaak indien dit nie noodsaaklike produkte of dienste verskaf nie, tensy jy en jou personeel in staat is om tydens die inperkingsperiode van die huis af te werk. Indien julle nie van die huis af kan werk nie, moet jy jou besigheid toemaak en jy en jou personeel moet tuis bly.

My onderneming verskaf noodsaaklike produkte en/of dienste – wat moet ek doen om mense se veiligheid te verseker?

Die verskillende dele van ons samelewing - insluitend ondernemings en werkgewers - moet almal 'n rol speel om die verspreiding van Covid-19 te stop.

  • Oorweeg dit om, waar moontlik, jou personeel tuis te laat werk.
  • Waar dit nie moontlik is nie, doen ons 'n beroep op ondernemings om in die beste belang van hul personeel besluite te neem en te verseker dat hulle in 'n higiëniese omgewing 'n afstand van ten minste 1,5 meter uitmekaar kan handhaaf.
  • Indien jou personeel siek is, MOET hulle tuis bly.
  • Kyk waar jy 'n verskil kan maak - miskien kan jy 'n e-pos stuur in plaas daarvan om 'n vergadering te hou, of die werkruimte reël sodat meer ruimte beskikbaar is.
  • Werkgewers moet sorg dat die werkplek skoon en higiënies is en dat oppervlaktes (bv. lessenaars en tafels) en voorwerpe (bv. telefone en sleutelborde) gereeld met ontsmettingsmiddel afgevee word.
  • Maak seep- en of handontsmettingsmiddels beskikbaar aan personeel en kliënte sodat hulle hul hande deeglik kan was.
  • Dit is raadsaam om nie-noodsaaklike reise na geaffekteerde gebiede uit te stel of te vermy indien jy siek is, dit geld veral vir bejaarde reisigers en mense met chroniese siektes of onderliggende gesondheidstoestande.
  • Indien jy nie die reis kan vertraag nie, maak seker dat die personeel die instruksies van die plaaslike owerhede waar hulle reis is, nakom. Indien hulle byvoorbeeld deur die plaaslike owerhede aangesê word om nie êrens heen te gaan nie, moet hulle aan hierdie regulasie voldoen. Jou personeel moet voldoen aan enige plaaslike beperkings op reis, beweging of groot byeenkomste in die omgewing waarheen hulle reis.

Hoe gaan wetstoepassingsbeamptes weet dat my personeel vir ’n onderneming of organisasie werk wat noodsaaklike produkte of dienste verskaf?

Indien jou onderneming of organisasie ’n noodsaaklike produk of diens verskaf, moet jy skriftelik aandui watter personeellede vir jou gaan werk tydens die inperkingsperiode.

My onderneming lewer ’n noodsaaklike diens – moet ek ’n Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) sertifikaat hê om tydens die staat van insluiting sake te mag doen?

As u 'n noodsaaklike diens lewer, is dit NIE 'n wetlike vereiste dat u 'n Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC)-sertifikaat moet bekom om sake te mag doen nie.

Die CIPC-sertifikaat, wat op die bizportal.gov.za-webwerf van die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging beskikbaar is, is nie verpligtend nie en is nie 'n vereiste vir die inperkingsregulasies nie.

Verder oortree u die wet, tensy u en u personeel tuis kan werk tydens die staat van inperking, indien u besigheid aanhou sake doen tydens die inperkingsperiode en NIE 'n noodsaaklike diens lewer nie. Wetstoepassingsbeamptes gaan u besigheid kom sluit en u kan selfs in hegtenis geneem word, ongeag of u die CIPC-sertifikaat het of nie.

Watter noodsaaklike goedere kan ingevoer word?

Die volgende noodsaaklike goedere kan ingevoer word:

  • Voedselprodukte, insluitende nie-alkoholiese drank en veevoer;
  • Sanitêre doekies, sanitêre tampons, kondome.
  • Handsanitiseerders, ontsmettingsmiddels, seep, alkohol vir industriële gebruik, huishoudelike skoonmaakprodukte en persoonlike beskermende toerusting, lapgesigsmaskers uitgesluit
  • Produkte vir die versorging van babas en kleuters
  • Persoonlike toiletware, insluitend haar-, liggaams- en gesigsorgprodukte, aanrolreukweerders,
  • deodorante en tandheelkundige sorgprodukte
  • Mediese en hospitaalvoorrade, medisyne, toerusting en persoonlike beskerming toerusting (lapgesigsmaskers uitgesluit)
  • Brandstof, met inbegrip van steenkool, hout, paraffien en gas
  • Hardeware, komponente en voorrade
  • Komponente vir die verkoop van voertuie vir afsetverkoop
  • Chemikalieë, verpakking en aanvullende produkte wat gebruik word in die vervaardiging van enige van hierdie produkte
  • Tekstiel benodig vir die vervaardiging van gesigmaskers en ander persoonlike beskermende toerusting • IKT-toerusting om werk van huis-reëlings te vergemaklik, insluitend rekenaars, mobiele telefone en ander toerusting vir huiskantore.

Watter toegelate goedere kan uitgevoer word?

  • Landbou-, agroverwerkings-, bosbou- en visvangprodukte
  • Vervaardigingsprodukte en mynbouprodukte word toegelaat vir produksie

Kan ek goedere aanlyn via e-handelsplatforms verkoop?

Ja, alle goedere kan aanlyn verkoop word en aan kliënte afgelewer word, behalwe vir alkohol en sigarette. Maak seker dat u voldoen aan die gesondheidsriglyne vir e-handel

My besigheid lewer noodsaaklike goedere en / of dienste - wat moet ek doen om mense veilig te hou?

Raadpleeg ons gesondheidsriglyne vir die werkplek.

My onderneming verskaf noodsaaklike produkte en/of dienste – wat moet ek doen om mense se veiligheid te verseker?

Die verskillende dele van ons samelewing - insluitend ondernemings en werkgewers - moet almal 'n rol speel om die verspreiding van Covid-19 te stop.

  • Oorweeg dit om, waar moontlik, jou personeel tuis te laat werk.
  • Waar dit nie moontlik is nie, doen ons 'n beroep op ondernemings om in die beste belang van hul personeel besluite te neem en te verseker dat hulle in 'n higiëniese omgewing 'n afstand van ten minste 1,5 meter uitmekaar kan handhaaf.
  • Indien jou personeel siek is, MOET hulle tuis bly.
  • Kyk waar jy 'n verskil kan maak - miskien kan jy 'n e-pos stuur in plaas daarvan om 'n vergadering te hou, of die werkruimte reël sodat meer ruimte beskikbaar is.
  • Werkgewers moet sorg dat die werkplek skoon en higiënies is en dat oppervlaktes (bv. lessenaars en tafels) en voorwerpe (bv. telefone en sleutelborde) gereeld met ontsmettingsmiddel afgevee word.
  • Maak seep- en of handontsmettingsmiddels beskikbaar aan personeel en kliënte sodat hulle hul hande deeglik kan was.
  • Dit is raadsaam om nie-noodsaaklike reise na geaffekteerde gebiede uit te stel of te vermy indien jy siek is, dit geld veral vir bejaarde reisigers en mense met chroniese siektes of onderliggende gesondheidstoestande.
  • Indien jy nie die reis kan vertraag nie, maak seker dat die personeel die instruksies van die plaaslike owerhede waar hulle reis is, nakom. Indien hulle byvoorbeeld deur die plaaslike owerhede aangesê word om nie êrens heen te gaan nie, moet hulle aan hierdie regulasie voldoen. Jou personeel moet voldoen aan enige plaaslike beperkings op reis, beweging of groot byeenkomste in die omgewing waarheen hulle reis.

Hoe gaan wetstoepassingsbeamptes weet dat my personeel vir ’n onderneming of organisasie werk wat noodsaaklike produkte of dienste verskaf?

Indien jou onderneming of organisasie ’n noodsaaklike produk of diens verskaf, moet jy skriftelik aandui watter personeellede vir jou gaan werk tydens die inperkingsperiode.

Watter boodskap moet ek aan my personeel oordra wat openbare vervoer gebruik?

Oorweeg dit om, waar moontlik, jou personeel toe te laat om van die huis af te werk tydens die inperkingsperiode. Indien hulle werk toe moet reis, moet jy hulle dan van die nodige permitte voorsien en dit skriftelik aandui dat hulle werk toe gaan met die doel om 'n noodsaaklike produk of ’n noodsaaklike diens te lewer.

Slegs busdienste, taxidienste (insluitend minibustaxi's), huurmotors wat met mobiele toestelle bestel word en privaat motorvoertuie mag gebruik word om vir hierdie doeleindes te reis tydens die staat van inperking. Hulle sal toegelaat word om van 05:00 tot 09:00 te werk en weer van 16:00 tot 20:00.

Indien jou onderneming of organisasie 'n noodsaaklike produk of ’n noodsaaklike diens lewer en enige van jou personeel kan nie na jou werkplek reis nie, moet jy die nodige vervoerreëlings tref om jou personeel te laat werk.

As werkgewers met 'n noodsaaklike diens probleme ervaar met die vervoer van hul personeel, kan hulle die Departement van Vervoer en Openbare Werke kontak by HOD.TransportPublicWorks@westerncape.gov.za met die aard van hul vervoeruitdaging. Verskaf asseblief spesifieke besonderhede, insluitend die aantal mense wat vervoer moet word, van waar, waarheen en op watter tydstip.

Indien dit noodsaaklik is dat jou personeel moet begin werk en openbare vervoer moet gebruik, moet jy hulle asseblief daarvan bewus maak dat ons met openbare vervoerverskaffers gesels het om hulle in te lig oor die gevare en implikasies van die Covid-19-pandemie en dat ons dag en nag met hierdie operateurs beraadslaag om te verseker dat openbare vervoer veilig bly.

Verskaffers van openbare vervoer het hul skoonmaakroetines verskerp en hul gedrag verander. Hulle hou vensters oop en gebruik produkte soos sanitiseerders tussen ritte. Indien jou personeel met openbare vervoer reis, moet hulle sorg dat hulle alle higiëniese maatreëls volg om die verspreiding van Covid-19 te stop en dat daar 'n redelike ruimte tussen hulle en hul medepassasiers is.

Die voertuig waarin hulle reis, mag ook nie meer passasiers as 50% van sy gelisensieerde kapasiteit vervoer nie.

Hulle moet ook toesien dat alle veiligheids- en higiëne-maatreëls gevolg word om die verspreiding van Covid-19 te stop, soos om die vensters oop te hou, nie te veel oppervlaktes aan te raak nie (bv. beskermingsreëlings) en hulle hande onmiddellik voor en na reise te ontsmet.

Wat gebeur indien ons ’n noodsaaklike diens verrig en my personeel kan nie by die werk uitkom nie?

As u onderneming of organisasie 'n noodsaaklike produk of noodsaaklike diens lewer en u personeel kan nie by die werkplek uitkom nie, moet u die nodige vervoerreëlings tref om u personeel by die werk uit te bring.

Indien werkgewers wat noodsaaklike dienste verrig probleme ondervind om hul personeel na die werk te vervoer, kan hulle met die Departement van Vervoer en Openbare Werke in verbinding tree by HOD.TransportPublicWorks@westerncape.gov.za en die aard van hul vervoeruitdaging aandui. Verskaf asseblief spesifieke besonderhede, insluitend die aantal mense wat vervoer moet word, van waar, waarheen en op watter tydstip.

Ek moet my besigheidsperseel tydens die staat van inperking toemaak – mag ek steeds sekuriteits- en instandhoudingspersoneel hê wat op die perseel werk?

Ja, jy mag steeds sekuriteits- en instandhoudingspersoneel hê wat op jou besigheidsperseel werk. Wanneer hulle aan diens is, moet hulle alle veiligheids- en higiëne-maatreëls nakom om die verspreiding van Covid-19 te stop.

Ek is ’n boer – waar kan ek tydens die inperkingsperiode meer inligting bekom oor boerdery-aktiwiteite?

Vir nadere besonderhede oor die implikasie van die inperkingsregulasies oor Landbou en Landbouverwerking, besoek asseblief: www.elsenburg.com