Covid-19-aanlynwerktuig vir opsporing van finansiële steun vir ondernemings

Om ondernemings te help om beskikbare finansiële steun te vind en daarvoor aansoek te doen, het die Wes-Kaapse Regering, die Stad Kaapstad en Wesgro 'n werktuig bekend gestel wat besighede in die Wes-Kaap help om befondsing te vind.

Die aanlynwerktuig stel vyf maklike vrae aan die gebruiker, rangskik die antwoorde volgens vooraf bepaalde kriteria, soos uiteengesit in die verskillende verligtingsmaatreëls, en bied 'n lys van verligtingsmaatreëls wat moontlik op die onderneming van toepassing kan wees. Die proses neem minder as 'n minuut: www.supportbusiness.co.za/covid-19-support-finder

Ondernemings in die Wes-Kaap wat steun en advies benodig, kan die Covid-19-kontaksentrum kontak by: supportbusiness@wesgro.co.za.

Besoek www.supportbusiness.co.za vir meer inligting.

Finansiële steun vir KMMO’s

Die Departement van Kleinsake-ontwikkeling het op 19 Maart 2020 aangekondig dat 'n Skuldverligtingsfonds op pad is om kleinsake-ondernemings wat deur die nuwe koronavirus geraak word, te help. Die Skuldverligtingsfonds is daarop gemik om verligting te bring wat betref bestaande skuld en terugbetalings om KMMO's gedurende die periode van die Covid-19 staat van inperking te help. Ondernemings wat hulp benodig, moet op die KMMO Suid-Afrika-portaal by www.smmesa.gov.za, wat op 24 Maart geopen is, registreer. Khumbudzo Ntshavheni, Minister van Kleinsake-ontwikkeling, vra dat KMMO’s asseblief vanaf Dinsdag 24 Maart 2020 op die databasis www.smmesa.gov.za sal registreer.

Volgens Khumbudzo Ntshavheni, Minister van Kleinsake-ontwikkeling, kan die skuldhulpfonds gebruik word vir verband-, voertuig- of ander besigheidskuld waarmee klein ondernemings hulp nodig het. Besoek www.smmesa.gov.za, wat op Dinsdag 24 Maart 2020 geaktiveer is, vir nadere besonderhede oor die Skuldverligtingfonds.

Die Minister van Kleinsake-ontwikkeling het op Vrydag 20 Maart gesê die omkeer-reaksietyd wat voorspel word, is sewe dae indien jy op die KMMO Suid-Afrika-portaal by www.smmesa.gov.za, wat op 24 Maart geopen is, geregistreer het.

Finansiële steun vir die toerisme-industrie

Die Departement van Toerisme het 'n bykomende R200 miljoen beskikbaar gestel om KMMO's in die toerisme- en gasvryheidsektor wat onder geweldige stres weens die uitwerking van die Covid-19-virus verkeer by te staan. Die fonds word geadministreer ten gunste van KMMO's in al nege die provinsies en verskillende toerismesektore.

Vir nadere besonderhede oor die fonds, skakel gerus die Toerisme Diens-inbelsentrum by 0860 TOERISME (868 747), stuur ’n e-pos na callcentre@tourism.gov.za (kantoorure vanaf 08:00 - 22:00, Ma - Vr) of besoek www.tourism.gov.za .

Finansiële steun vir die toerismesektor

Die Departement van Toerisme het 'n bykomende R200 miljoen beskikbaar gestel om KMMO's in die toerismesektor en gasvryheidsektor by te staan, wat weens die impak van Covid-19 onder besondere druk verkeer.

Die fonds word ten gunste van KMMO's in al die nege provinsies en verskillende toerismesektore geadministreer.

Vir meer inligting oor die fonds, kontak die Toerismediens-oproepsentrum by 0860 TOERISME (868 747) of stuur 'n e-pos na callcentre@tourism.gov.za (operasioneel vanaf 08:00 tot 22:00, Maandag tot Vrydag).

Besoek www.tourism.gov.za vir meer inligting.

Finansiële steun vir sport, die kunste-en-kultuursektor

Die nasionale departement van sport, kuns en kultuur het R150 miljoen beskikbaar gestel vir gekanselleerde geleenthede, digitale oplossings en 'n wye verskeidenheid projekte.

Let daarop dat aansoeke vir hierdie fonds op 6 April om 23:59 gesluit het.

Besoek www.dac.gov.za vir meer inligting.

Die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport het ook finansiële verligting beskikbaar gestel vir ons provinsiale kultuur-, kreatiewe en sportsektor.

Let daarop dat aansoeke vir hierdie fonds op 19 Mei om 16:00 sluit.

Lees die mediaverklaring vir meer inligting.

Laai algemene vrae oor hierdie fonds af

Finansiële steun vir die landbousektor

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het R1,2 miljard beskikbaar gestel, hoofsaaklik vir kleinboere en produsente wat tans in produksie is en vir wintergewasse voorberei.

Let daarop dat aansoeke vir hierdie fonds op 22 April om 16:00 gesluit het.

Besoek www.daff.gov.za vir meer inligting.

Die Covid-19 Tydelike Werkgewer-werknemer Verligtingskema (COVID-19 TERS)

Om die impak van die 21 dae lange nasionale inperking op werkers, die sakewêreld en die ekonomie te versag, het die Departement van Arbeid die ontwikkeling van die Covid-19 Tydelike werkgewer-werknemer-verligtingskema (COVID-19 TERS) aangekondig om ondernemings te ondersteun wat nie in staat is nie om hul werknemers te betaal nie.

Verantwoordelike werkgewers wat vir hul werknemers omgee en weens die staat van inperking nie die volle salaris kan betaal vir die werkers wat hulle huis toe stuur nie, word aangemoedig om aansoek te doen vir die Covid-19 TERS-voordeel uit die Werkloosheidsversekeringsfonds (UIF) deur 'n e-pos te stuur na covid19ters@labour.gov.za.

Nadat die e-pos gestuur is, sal aansoekers 'n outomatiese antwoord ontvang wat die stappe en besonderhede bevat, insluitend die vereistes om voordele te eis. Gedurende die staat van inperking sal eise wat persoonlik ingedien word nie aanvaar word nie om kontak tussen mense te verminder om die verspreiding van Covid-19 te stop. Die Covid-19 TERS-voordeel word van die ander WVF-voordele en ander prosesse ontkoppel, maar aansoeke word onderwerp aan normale verifiërings- en valideringsprosesse van die Fonds.

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (UIF) het 'n blitslynnommer (012 337 1997) in werking gestel vir Covid – 19 TERS voordele-navrae gedurende die inperkingsperiode.

Besoek www.labour.gov.za vir nadere besonderhede.

Die Industriële Ontwikkelingskorporasie (IDC) fasiliteit

Die Industriële Ontwikkelingskorporasie (IDC) het 'n pakket saamgestel met die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging van meer as R3 miljard vir industriële befondsing om die situasie van kwesbare firmas aan te spreek en om ondernemings te finansier wat van kritieke belang is in ons pogings om te veg, die virus vinnig op te spoor en die ekonomiese impak daarvan te verlig.

Hierdie fasiliteit is beskikbaar vir ondernemings in Suid-Afrika.

Die IDC het twee spesiale intervensies getref:

1. R500 miljoen is aan handelsfinansiering toegewys om noodsaaklike mediese produkte in te voer;

2. R700 miljoen is aan bedryfskapitaal en toerusting en masjinerie bewillig.

Bykomend hiertoe is die IDC besig om rolspelers in die bedryf aan te spreek om die toenemende vraag aan te spreek:

  • Versekering van voedselsekuriteit deur die prioritisering van steun aan die landbou- en voedselwaardekettings
  • Kapitaalondersteuning aan die toerismesektor
  • Oorbruggingsfinansiering om onderbrekings in die voorsieningsketting te ondersteun
  • Werkkapitaal om energiesekuriteit te verseker deur die verskaffers van primêre energie te ondersteun
  • Werkkapitaal en oorbruggingsfinansiering aan KMMO's wat onderdele aan motorvervaardigers lewer. Daar word oorweeg om in die volgende kwartaal befondsing te verskaf aan noodsaaklike dienste wat buite normale IDC-sektore val.

Vir bestaande kliënte is die IDC reeds in samesprekings met sy sakevennote om die uitstelling van terugbetalings van skuld op ’n individuele geval basis te oorweeg.

Besoek www.idc.co.za om nadere besonderhede te bekom.