sharethelove-banner-2.jpg

Sorg vir ander

Vriendelikheid is 'n ongelooflike kragtige manier om te wys dat ons verenig is om die verspreiding van Covid-19 te keer. Daar is baie maniere waarop jy tydens die inperking 'n bietjie vriendelikheid teenoor jou geliefdes en bure kan toon:

1. Bel ouer mense of mense wat kwesbaar is om seker te maak dat hulle alles het wat hulle benodig.
2. Bel jou vriende en geliefdes om te sien hoe dit met hulle gaan en of hulle ondersteuning nodig het.
3. As jy van plan is om noodsaaklike goedere te gaan koop, bied aan om vir mense wat op die roete van jou reis woon noodsaaklike goedere soos kos en medikasie te koop en af te laai. Los die goedere by die hulle voordeur en beoefen oefen sosiale afstand om die verspreiding van Covid-19 te keer.

Skenk noodsaaklike goedere aan behoeftiges

Ons werk in samewerking met die Suid-Afrikaanse Rooikruisvereniging om tydens die inperking noodsaaklike goedere aan behoeftiges te lewer.

Terwyl jy noodsaaklike goedere koop, koop 'n paar ekstra goedere vir behoeftiges en plaas dit in die Rooi Kruis-donasie-trollie by jou plaaslike kruidenierswinkel.

Die die Suid-Afrikaanse Rooikruisvereniging sal alle geskenkte items afhaal en sorg dat dit by hul netwerk van NRO's afgelewer word wat hulpbehoewendes tydens die inperking help.

Voedselprodukte wat benodig word:
Boontjies; brood- en koekmeel; brood; wortels; kookolie; blikkiesvleis; kitskoffie; langlewemelk; mieliemeel; vrugtekonfyt; hawermout; uie; grondboontjiebotter; sardyne in tamatie; aartappels; rys; sout; stampmielies; gis; soppoeier; soja-maalvleis; pasta; suiker; suikerboontjies; tee en blikkieskos.

Nie-voedselitems wat benodig word:
seep, swartsakke, handontsmettingsmiddel, sanitêre doekies, tandepasta, tandeborsels, sjampoe, waspoeier, ontsmettingsmiddel vir huis en oppervlaktes, plastiekhandskoene, doeke, babakos, babamelkformule, uitslagroom, tandekry-middel, ontsmettingsmiddels (bv. Miltons), toiletpapier.

Skenk geld aan ons liefdadigheidsvennote

Jy kan geld direk aan ons liefdadigheidsvennote skenk:

Die Suid-Afrikaanse Rooikruisvereniging

Islamitiese Noodlening Suid-Afrika

Mustadafin-organisasie

Suid-Afrikaanse Nasionale Zakah-organisasie

Gemeenskapskas

Skenk geld aan die Solidariteit Fonds

Jy kan geld direk aan die Solidariteit Fonds skenk wat deur die nasionale regering daargestel is as 'n middel vir individue en organisasies om deur middel van veilige, belastingaftrekbare skenkings die regering se pogings direk te steun om die verspreiding van Covid-19 te keer.

Die Fonds sal aan die hoogste beginsels van korporatiewe bestuur voldoen en sal deur 'n onafhanklike direksie bestuur word. Daar sal oor alle aktiwiteite op 'n deursigtige manier verslag gelewer word.

Besoek www.solidarityfund.co.zavir meer inligting.

Ek is ’n gesondheidswerker en wil my dienste as vrywilliger aanbied.

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid doen ’n beroep op geskoolde gesondheidswerkers wat in die provinsie en buite die grense van die provinsie woon, om hul dienste as vrywilligers aan te bied en te help om die verspreiding van COVID-19 in die Wes-Kaap te stop.

Hierdie Covid-19-pandemie, tesame met die bestaande siektelas, plaas ons fasiliteite onder geweldige druk. Daar vind tans ’n landwye werwingsprogram plaas en ons benodig so veel as moontlik gesondheidswerkers wat kan help om te verseker dat daar genoeg kapasiteit in die provinsie is om die verwagte toename in die aantal mense wat positief vir Covid-19 toets,wat mediese sorg benodig, te hanteer.

Vrywillige dokters, verpleegkundiges en nooddienspersoneel wat NIE werknemers van die Departement is nie, kan help om die addisionele druk wat Covid-19 in die komende weke en maande op ons dienste gaan plaas, te verminder.

Ons doen 'n beroep op alle beskikbare gesondheidswerkers om van hierdie geleentheid gebruik te maak om 'n betekenisvolle bydrae te lewer en om te help met die takeling van hierdie pandemie.

Diegene wat belangstel om te help en hul dienste aan te bied, kan hulle registreer op die webwerf Covid-19 Volunteer Recruitment: www.westerncape.gov.za/department-of-health/volunteer-recruitment-questionaire